Krieket: Eagles wen Kenia met 7 paaltjies
Krieket: Die Walvis Bay Salt Eagles het Kenia met sewe paaltjies gewen. Kenia het eerste gekolf en 64 lopies met die verlies van 10 paaltjies na 30 boulbeurte aangeteken. Die Eagles kon maklik 67 lopies in 16 boulbeurte behaal. Eagle Junior Kariata is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Eagles spook sake uit in die IKR se onder-19 Mans Wêreldbeker Afrika kwalifiserende reeks in Tanzanië teen die gasheerland, asook Nigerië, Sierra Leone en Uganda vir ‘n plek in die toernooi in Sri Lanka. Die Namibiese afrigter Oscar Nauhaus gee sy mening oor die wedstryd…