Jongste oor ondersoek na heli-ramp aan die kusJuly 26, 2023

Die ondersoek na die helikopter-ongeluk wat die lewens van die 54-jarige vlieënier Jacques Jacobs en die 29-jarige lugvaartingenieur Dirk von Weidts verlede week by Swakopmund geëis het, vorder goed. Intussen het die ongeluk ‘n nadraai in die hof gehad toe die 34-jarige Antje Nauhaus in die landdroshof op Swakopmund verskyn het op klagte van onder meer strafbare manslag, bedrog en vervalsing. Die staat het borg teengestaan en haar saak is tot 2 Oktober uitgestel. Nauhaus het na bewering dokumente vervals vir die registrasie en toetsvlug van die Robinson R44-helikopter. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoerministerie, kaptein Magnus Abraham, gepraat oor die ondersoek…