Amerikaanse dollar versterk maar, rand sal terugspring

Die Amerikaanse dollar sal waarskynlik weer versterk met voorspellings dat die Federale Reserweraad na verwagting vandag rentekoerse met ‘n kwart persentasiepunt sal verhoog. Dit sal die 11de verhoging in die Amerikaanse sentrale bank se afgelope 12 beleidsvergaderings wees. Die rand was vanoggend effens swakker na aanleiding van die aankondiging maar, daar word verwag dat die rand, en dus Namibiese dollar, weer sal versterk. Die bekende ekonoom Dawie Klopper verduidelik.