Gholf: Brian Harman wen Britse Ope

Gholf: Die Amerikaner Brian Harman het met ‘n dominante vertoning die 151ste Britse Ope by Royal Liverpool met ses houe gewen en die eerste Major-titel van sy loopbaan ingepalm. Die 36-jarige speler het in die laaste ronde een onder 70 aangeteken en op 13-onder klaargemaak om sy eerste oorwinning sedert 2017 te behaal. Die wêreld se nommer twee, Jon Rahm, was gesamentlik tweede saam met Tom Kim, Sepp Straka en Jason Day. Rory McIlroy wat in 2014 laas ‘n major-titel gewen het, het gesamentlik sesde klaargemaak. Harman sê sy oorwinning in Die Ope is ‘n droom wat waar geword het.