Brave Warriors probeer weer by Cosafa-beker 2025June 3, 2025
Namibië se nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, is in Bloemfontein in Suid-Afrika waar hulle aan die Cosafa-beker 2025-toernooi gaan deelneem. Afrigter Collin Benjamin het ‘n groep van 23 spelers vir die streekstoernooi gekies. Namibië is in Groep B geloot saam met Angola, Malawi en Lesotho. Die toernooi skop môre om 3-uur by die Toyota-stadion af met die openingswedstryd tussen Zimbabwe en Mauritius. Die Warriors se eerste groepwedstryd is om 6-uur Donderdagaand teen Angola. Die twee spanne het ook in verlede jaar se eindstryd sake uitgespook, met Angola wat 5-0 gewen het.