Kommer oor verkiesing in Kambodja

Kiesers in Kambodja het begin stem in vandag se algemene verkiesing. Die huidige eerste minister Hun Sen sal na verwagting die verkiesing wen, aangesien die hoof-opposisieparty in Mei weens ‘n tegniese punt gediskwalifiseer is. Talle opposisieleiers is ook tans in die tronk of in ballingskap. Die regering het enige pogings om die verkiesing te boikot of om stembriewe te bederf, as ‘n misdaad verklaar. Hun Sen is al vir 38 jaar aan bewind, maar daar is aanduidings dat hy beplan om binnekort sy leierskapsposisie aan sy oudste seun te oorhandig. ‘n Aantal Westerse lande, insluitend Amerika, het kommer uitgespreek oor die integriteit van die verkiesing.