Zuma kuier langer in RuslandJuly 20, 2023

Oudpresident Jacob Zuma het sy besoek aan Rusland verleng. Hy sou oorspronklik Dinsdag terugkeer, maar het besluit om langer te bly. Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het bevestig Zuma het nie teruggekeer van Moskou af nie, en sê hy dra geen kennis oor wanneer hy beplan om terug te keer nie. Zuma is vir mediese behandeling in die Russiese hoofstad, maar die besonderhede van sy siekte bly onbekend. Die departement van korrektiewe dienste moet intussen nog besluit of hy moet terugkeer tronk toe.