Twee verdagtes vandag in Otji-hof ná hulle renoster wou jag

Twee verdagtes wat glo ‘n renoster op ‘n lodge buite Otjiwarongo wou stroop, verskyn vandag in die landdroshof op die Noorde-dorp. Albei verdagtes, 27 en 31 jaar oud, is van Opuwo en een is ‘n werknemer op die lodge. Volgens die Namibiese polisie is is vier verskillende pare vreemde voetspore op die lodge gesien, en Nampol en beamptes van die omgewingsministerie is ontbied. ‘n Spesiale gesamentlike operasie het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes, terwyl nog drie verdagtes nog op vrye voet is. Geen vuurwapen is teruggevind nie en die renoster wat die verdagtes gejaag het, is nie beseer nie. Die soektog na vlugtende verdagtes duur voort.