Rugby: Kaapstad gaan Sewes-toernooi aanbied

Rugby: Kaapstad is gekies as een van die agt gasheer-stede in die verbeterde formaat van die Sewes-reeks. Die ander stede is Dubai, Perth, Vancouver, Los Angeles, Hongkong, Singapoer en Madrid. Met die nuwe handelsmerk bied die HSBC Sevens-feeste aan ondersteuners ‘n unieke geleentheid met sport, musiek, kos en meevoerende ervarings terwyl 12 manspanne en net soveel vrouespanne meeding. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê die stad sal op 9 en 10 Desember gasheer speel vir die reeks.