Namibiërs misbruik Britse asiel-stelsel – diplomaat  

‘n Kenner in diplomatieke sake sê daar is ‘n goeie rede oor die Britse regering se aankondiging dat alle Namibiese burgers ‘n visum sal benodig voordat hulle na die Verenigde Koninkryk kan reis. Die besluit is geneem as gevolg van die volgehoue en aansienlike toename sedert 2016 in die aantal Namibiese burgers wat vir asiel in Brittanje aansoek gedoen. Die Britse hoë kommissaris in Namibië, Charles Moore sê die asiel-stelsel word deur Namibiërs misbruik. Die ministerie van internasionale betrekkinge het intussen ‘n beroep op Namibiërs gedoen om kalm te bly en die kabinet het ‘n komitee aangestel om die kwessie te hanteer. Dr. Riaan Eksteen, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus uit Swakopmund gepraat en stem saam die stelsel is misbruik…

Professor Jannie Rossouw van die Wits-sakeskool verduidelik wat dit behels as visums ingestel word.