ECB vies oor laat aansoeke

Die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië Robert Kahimise het sy ontsteltenis uitgespreek oor die laksheid van herverkopers van elektrisiteit wat nog nie by die beheerraad aansoek gedoen het om hul tariewe te laat hersien nie. Dit is ondanks goedkeuring wat reeds in Mei deur die beheerraad aan NamPower gegee is om sy tariewe met 8,97 persent te verhoog. Kahimise sê 37 van die herverkopers, die meeste in die Suide, het nog nie aansoek gedoen nie. Talle plaaslike owerhede en kragvoorsieners se krag is vroeër vanjaar byna afgesny weens wanbetaling, en die regering moes ‘n reddeingsboei uitgooi.