Solidariteit bekommerd ná bedanking van Eskom-bedryfshoof
Die Solidariteit-navorsingsinstituut is bekommerd dat die bedanking van die voormalige bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer, ʼn negatiewe uitwerking kan hê op die hersteltyd van die kragvoorsiener vir risiko-projekte wat voorhande is. Oberholzer het in April afgetree, maar is ʼn vastetermyn-kontrak van twee-jaar aangebied om steun te verskaf aan die Koeberg-kragstasie in Kaapstad en Kusile in Mpumalanga. Die hoof van die instituut, Connie Mulder, sê Eskom staan ʼn bate af met Oberholzer se bedanking.