Konstruksiesektor ploeter voort
Volgens IJG Sekuriteite is 915 bouplanne ter waarde van 709,2 miljoen Namibiese dollar gedurende die eerste helfte van vanjaar deur Stad Windhoek goedgekeur, wat 19,7 persent laer is as die aantal goedkeurings oor dieselfde tydperk verlede jaar, en 6,1 persent laer in waarde. Op ‘n kumulatiewe basis van twaalf maande is 2 243 bouplanne ter waarde van 1,71 miljard dollar goedgekeur, ‘n afname van 8,9 persent in getal en 3,9 persent in waarde oor dieselfde tydperk van 12 maande ‘n jaar gelede. Die aantal goedkeurings gedurende die eerste helfte van vanjaar was die laagste eerste ses maande sedert 2020. Boonop het 2023 se konstruksiesektor in waarde-terme die swakste sedert 2009 begin.