Sudan-oorlog verhoed aanplantings, honger sal verergerJuly 17, 2023

Die oorlog tussen militêre faksies in Sudan plaas die produksie van stapelgewasse vanjaar in gevaar. Kenners meen dit sal die land nog dieper in honger en armoede dryf. Hoë insetkoste, wat brandstof, kunsmis en sade insluit, demp produksie verder. Die geweld verhoed ook boere om nou hul aanplantings te doen in aanloop tot die reënseisoen wat binnekort begin. Die verslegtende toestande vir boere dui daarop dat ‘n dreigende voedselkrisis selfs erger kan wees as wat die VN voorspel het. In Mei is daar beraam dat die aantal mense wat honger ly in Sudan teen Augustus tot 19,1 miljoen sal styg van 16,2 miljoen voor die konflik, wat in April begin het.