Openbare Beskermer nie verras oor haar skorsing-uitspraak

Die geskorste Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, sê sy is nie verras deur die Konstitusionele Hof se uitspraak oor haar skorsing nie. Die hof het bevind President Cyril Ramaphosa se besluit om haar te skors was geregverdig en rasioneel. Die Wes-Kaapse afdeling van die hooggeregshof het in September verlede jaar bevind haar skorsing was onwettig, maar die Konstitusionele Hof het dié uitspraak nou eenparig verwerp. Mkhwebane sê sy aanvaar die beslissing.