Kinderbeskermings-mosie deur alle LP-lede verwelkom

Die kinderbeskermings-mosie wat deur die parlementslid van die Popular Democratic Movement, Inna Hengari, in die parlement ter tafel gelê is, het dawerende steun van al die lede gekry. Hengari het die mosie ter tafel gelê na aanleiding van gevalle van kindermishandeling in die land. Sy het ‘n beroep op die regering gedoen om alles te doen om die veiligheid van die Namibiese kind te verseker. Tydens debat in die Nasionale Vergadering vandag het Natalia Goagoses, ‘n Swapo-LP, die mosie ondersteun en barbaarse dade op kinders, heksery genoem.