Namibiërs moet versigtig in stofstorms bestuur

Die Namibiese Paaie-owerheid rig ‘n waarskuwing aan alle motoriste om versigtig te bestuur of hul reise uit te stel weens die erge winde en stofstorms in die meeste dele van Namibië, wat swak of geen sigbaarheid op nasionale paaie veroorsaak. Die stofstorms veroorsaak verkeers-opeenhopings langs die kus en het ook die lewe van ‘n Windhoeker, Morné Openshaw in ‘n padongeluk geëis. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, gesels…