Ekonoom het geen kommer oor oliepryseJuly 12, 2023

Oliepryse het die week gestyg namate die oliemarkte begin glo het dat oliepryse in die tweede helfte van die jaar kan toeneem. Brent-ruolie het vanoggend bo 79,42 Amerikaanse dollar per vat geklim, die hoogste prys in maande vir die internasionale olie-maatstaf, hoewel dit steeds sowat 20 dollar per vat laer was as verlede jaar se pryse. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat wat sê dat daar geen rede tot kommer is nie.