Een slagoffer in ongeluk op B2 naby Arandis

Die Namibiese polisie het bevestig dat daar een persoon gesterf het in die kop-aan-kop-botsing wat vandag op die N2-pad naby Arandis plaasgevind het. Die oorledene was in die bakkie met ‘n sleepwaentjie wat teen ’n vragmotor met vraghouers gebots het. Intussen is brande in Mondesa en die DRC-informele nedersetting op Swakopmund ook aangemeld wat 12 sinkhuise vernietig het, maar die brandweer van Swakopmund kon die vure in die winderige toestande blus. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie is geen lewensverliese of beserings aangemeld nie, maar sowat 16 mense, insluitend vier kinders, is dakloos gelaat.