Amupanda moet verskoning vra aan minister van hoër onderwys, of…
Prokureur Clive Kavendji van Kangueehi en Kavendjii Incorporated het aan AR-aktivis Job Amupanda geskryf en geëis dat hy moet ophou om “vals en lasterlike” aantygings teen die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi, op sosiale media te plaas. Amupanda het geskryf dat die minister op ‘n gewetenlose en korrupte wyse haarself verryk het ten koste van die belastingbetalers van Namibië. Amupanda het beweer sy het versuim om haar finansiële verpligtinge teenoor die Ontwikkelingsbank van Namibië na te kom en deur gelde te ontvang van verskeie instellings van hoër onderwys sonder regverdige rede. Amupanda moet voor môre om verskoning vra of regstappe sal volg. Die beweging se hoof van administrasie, Tuhafeni Hangula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…