WGO: 12 Afrikalande gaan 18 miljoen dossisse malaria-entstof ontvang
Die Wêreldgesondheids-organisasie het aangekondig dat 12 Afrikalande oor die volgende twee jaar 18 miljoen dosisse malaria-entstof sal ontvang. Die WGO sê in 2021 het 95 persent van die wêreldwye malaria-gevalle in Afrika voorgekom. Die RTSS-entstof is die eerste entstof teen malaria wat in die wêreld goedgekeur is. Volgens statistiek sterf daar bykans elke minuut ‘n kind van jonger as vyf weens malaria. Die vraag na die entstof oorskry die aanbod en die WGO werk saam met gesondheidsvennote om vas te stel waar die behoefte die grootste is.