Kandjeke gee Swakop ‘n nadelige ouditopinie
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het sy kommer oor die hantering van finansies by Swakopmund uitgespreek. Hy sê daar is veral uitdagings met deursigtigheid en die volhoubaarheid van die munisipaliteit se geldsake. Hy het ‘n nadelige ouditopinie vir die 2020-21 boekjaar uitgespreek. Hy sê daar is verskille van amper 62 miljoen Namibiese dollar en ‘n verskil van amper 9 miljoen dollar is die kontantvloeistaat teenoor die staat van die munisipaliteit se finansiële posisie. Hy voeg by dat 115 miljoen dollar onttrek is uit die raad se reserwes wat nie verduidelik kan word nie. Kandjeke het sy kommer uitgespreek oor die raad wat begroot vir bonusse, vroeë aftrede en skeidingspakkette, gebaseer op die begroting eerder as die werklike syfers. Swakopmund sluit aan by die groter meerderheid van plaaslike owerhede wat eenvoudig nie hul boeke, sonder enige aanspreeklikheid, kan hanteer nie.