Internasionale Dag teen Dwelms vandag herdenk

Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling praat vandag met inwoners van Randfontein in Gauteng, wie se lewens deur die hoë voorkoms van alkohol- en dwelmmisbruik geraak word. Dit dien as ‘n herdenking van die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die dag word wêreldwyd gehou om optrede en samewerking te versterk om die doelwit van ‘n internasionale dwelmvrye gemeenskap te bereik.