PDM se Katjimune vereis gratis tersiêre onderrig
Die Popular Democratic Movement se parlementslid Maximalliant Katjimune sê President Hage Geingob moet tersiêre onderwys vir studente ook gratis maak. Katjimune het uitgevaar teenoor die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds en geweier om sy studentelening te betaal. NSFAF het Katjimune, en sy mede-LP’s Inna Hengari en Patience Masua met aanmaningsbriewe bedien waarin geëis word dat hulle hul studieskuld aan die fonds moet terugbetaal.