Die As: Stokes verdedig besluit om te verklaar
Kaptein Ben Stokes het sy besluit verdedig om Engeland se eerste beurt op 393 vir agt gesluit te verklaar nadat sy land in die eerste toets om die As op Edgbaston met twee paaltjies teen Australië verloor het. Sy besluit het onder die vergrootglas gekom nadat voormalige kapteins van Engeland, onder andere Michael Vaughan, gesê het hulle sou dit nie onder die omstandighede gedoen het nie. Stokes sê hy is nie spyt oor die besluit nie en het laat blyk hy sal dieselfde in die volgende toets op Lord’s doen as hulle in ‘n sterk posisie is: