Zim-landbouleier oor mislukte mielieoes
Die hoof-ekonoom van die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer Agbiz, Wandile Sihlobo, sê Zimbabwe se pogings om sy binnelandse mielieproduksie in die 2022/23-seisoen aansienlik te verhoog, het misluk. Die land se mielie-oes word op 1,5 miljoen metrieke ton geraam, ver onder die jaarlikse behoefte van 2,2 miljoen ton. Dit beteken daar is ‘n tekort van sowat ‘n halfmiljoen ton in die 2023/24-bemarkingsjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boere-unie in Zimbabwe, gepraat oor wat in die buurland gebeur het dat die syfers vir mielieproduksie laer is.