Afrika-kategorie ingesluit by 66ste Grammy-toekennings
Die Suid-Afrikaanse Musiek-toekennings het sy geesdrif uitgespreek oor die insluiting van die kategorie Beste Afrika-musiek-uitvoering op die 66ste Grammy-toekennings. Die toevoeging word beskou as ‘n positiewe erkenning van die uiteenlopende musiekbedryf in Afrika. Die Grammys sal ook twee ander nuwe kategorieë bekendstel, naamlik Beste Pop-dans-opname en Beste Alternatiewe Jazz-album. Sama se woordvoerder, Lesley Mofokeng, sê Afrika-musikante kan verhoogde blootstelling op ‘n internasionale platform kry.