Vyf Afrika-presidente besoek Zelensky, Putin, vir vrede
‘n Hoëvlak afvaardiging van ses Afrika-presidente, wat die buurland se President Cyril Ramaphosa insluit, is vandag in Oekraïne om met Volodymyr Zelensky te vergader as deel van ‘n vredesending. Ná die vergadering in Kiëf sal die groep na St. Petersburg reis waar hulle Saterdag met die Russiese leier, Vladimir Putin sal vergader. Ramaphosa, met die presidente van Egipte, Uganda en Senegal, en die leiers van Kongo-Brazzaville en Zambië, het ingestem om vanuit Afrika die vredesinisiatief te lei, om die konflik in Oekraïne op te los. Die ontmoeting met Putin en Zelensky volg na maande se voorbereidings.