Amerikaner sterf by ikoniese Neuschwanstein-kasteel

‘n 21-jarige Amerikaanse vrou is in die hospitaal dood nadat sy deur ‘n Amerikaanse man aangerand en teen ‘n helling afgestoot is, naby een van Duitsland se gewildste toeriste-besienswaardighede, die Neuschwanstein-kasteel, in Beiere. Die polisie sê die man het die slagoffer en haar 22-jarige vriend seksueel aangerand en aangeval, naby die historiese brug, die Marienbrücke, wat ‘n uitsig oor die kasteel bied. Die man het hulle na bewering albei teen ‘n steil helling afgestamp vanwaar hulle met ‘n helikopter gered is. Die Neuschwanstein-kasteel was deur die jare ‘n belangrike  bron van inspirasie vir die rolprentmaker, Walt Disney, en sy Amerikaanse maatskappy gebruik die kasteel as embleem en amptelike logo.