Krokodille word verkoop as gevolg van duur konklik

Die verkoop van 40 krokodille deur die Namibiese omgewingsministerie is aangedryf deur toenemende voorvalle van konflik met mense. Die ministerie sê sedert 2019, is 2,3 miljoen Namibiese dollar bestee as gevolg van die konflik, veral in die noordooste in die Okavango- en Zambezi-riviere. Die inkomste van die transaksie sal vir gemeenskappe aangewend word om maatreëls in te stel om aanvalle deur krokodille te verminder. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda het die voorwaardes vir kopers aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…