Gierigheid is die rede vir maatskaplike wanbalans

Volgens ‘n onlangse verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie oor die toestand van voedselsekerheid, ervaar 58 persent van die Namibiese bevolking voedsel-onsekerheid, wat neerkom op ongeveer 1,5 miljoen mense wat honger is. Die Dag van die Afrika-kind word Vrydag herdenk, maar Namibiese kinders ervaar buitensporig hoër vlakke van armoede en honger. Wanvoeding bly die grootste oorsaak van sterftes onder kinders onder die ouderdom van vyf in die land. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê gierigheid is die oorsaak van die maatskaplike wanbalans in Namibië…