Bipa: Jeug moet Namibië bemark
Die vyfde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind tans op Swakopmund plaas en duur tot Vrydag. Die omgewingsministerie bied die beraad in samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie aan. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Nangula Uaandja, uitvoerende hoof van die raad van Beleggings-bevordering en -ontwikkeling, Bipa, het tydens haar voorlegging gesê dat die jeug Namibië op die wêreldkaart moet plaas.