Niinistö sluit besoek af, stel belang in energie
Finland se president Sauli Niinistö sluit vandag sy staatsbesoek aan Namibië af. Besprekings met President Hage Geingob, regeringshoofde en sakelui het sleutelareas van bilaterale samewerking ondersoek. Landbou, onderwys, gesondheid en energie, veral groenwaterstof, het onder die loep gekom. Vandag is ‘n vergadering met sakelui gehou en hernubare energie en digitalisering is bespreek met die hoop dat Finland plaaslik sal belê. Niinistö het ‘n sake-afvaardiging saamgebring. Hy het spesifiek melding gemaak van sy land se belangstelling in groen-waterstof en brander-energie, sowel as mynbou. Finland is ‘n kenner in die gebied van toerusting, tegnologie en masjinerie in die sektor.