Cyril stel komitee aan oor strafhof se bepalingsApril 28, 2023

Terwyl Swapo nie wil praat oor die Rome-statuut en die Internasionale Strafhof nie, al is sy standpunt daarteen sedert 2015 bekend, het President Cyril Ramaphosa ‘n interministeriële komitee aangestel om Suid-Afrika se posisie met betrekking tot die Internasionale Strafhof te oorweeg. Dit volg ná toenemende druk oor die arrestasie van die Russiese president, Vladimir Putin, sou hy die land binnekom. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê Suid-Afrika het sy deelname aan die Strafhof herbevestig en bly ‘n ondertekenaar. Die minister sê Suid-Afrika sal hom beywer vir die bestendige toepassing van internasionale wette deur die hof: