Ikoniese Jerry Springer sterf op 79

Een van die invloedrykste en mees omstrede figure in TV se geskiedenis, Jerry Springer, is dood. Hy was 79. ’n Familiewoordvoerder het bevestig dat Springer vreedsaam by sy huis in die Chicago-omgewing gesterf het. Hy is ‘n paar maande gelede met pankreaskanker gediagnoseer. Springer se familie het in ‘n verklaring hulde gebring en die voormalige TV-gasheer as “onvervangbaar” beskryf. Sy vermoë om met mense te skakel was die kern van sy sukses in alles wat hy probeer het, of dit nou politiek of uitsaaiwese was, of net grappe met mense op straat wat ‘n foto wou hê.