Russiese leierskap verloor wêreld se gun, behalwe in Afrika

Die jongste peiling deur Gallup toon dat een uit elke vyf volwassenes wêreldwyd keur nou Rusland se leierskap goed. Goedkeuring het gedaal van ‘n gemiddeld van 33 persent in 2021 tot 21 persent verlede jaar. Uit 137 lande het 81 Russiese leierskap afgekeur maar, in Afrika, suid van die Sahara, is die skuif nie opgetel nie. Leiers in die Afrika-streek verkies neutraliteit veral as gevolg van kwesbaarheid in verband met voedselsekerheid. Goedkeuring van Rusland se leierskap staan op 35 persent terwyl 32 persent die afkeur. Dit is die enigste streek waar goedkeuring hoër is as die wat die Kremlin afkeur. Plaaslik is ondersteuning vir Rusland ook baie sterk veral met die verbintenis tussen die twee lande gedurende die vryheidstryd.