GOOD Party verwelkom Amad se bedanking

Die GOOD Party sê die bedanking van die Johannesburgse burgemeester Thapelo Amad is ‘n stap in die regte rigting om die stad weer op dreef te kry. Die Al Jama-ah-raadslid het bedank en gesê dié besluit het niks te doen met die openbare oproer oor sy burgemeesterskap nie. Die GOOD Party-lid, Lloyd Phillips, sê Johannesburg is die kern van die Suid-Afrikaanse ekonomie en vereis ‘n burgemeester wat die kompleksiteit van die bestuur van só ‘n stad verstaan: