Hage en Cyril bespreek glo nie Phala Phala-kwessie
President Cyril Ramaphosa sê die Phala Phala-kwessie was nooit op die agenda van die besprekings met Namibiese President Hage Geingob nie. Geingob het op ‘n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ‘n boodskap van steun oorgedra, as leier van Swapo in Namibië. Ramaphosa sê hulle het gepraat oor die Brics-spitsberaad in Augustus en die kwessie van die bywoning daarvan van die Russiese President Vladimir Putin.