Namibië sluit aan by internasionale vervoer-instituut

Namibië is die jongste land wat by die Chartered Institute of Logistics and Transport aangesluit het. Die internasionale liggaam verteenwoordig individue en organisasies betrokke by die voorsieningsketting, logistiek en vervoer in meer as 30 lande. By die bekendstelling van die Namibiese instituut, het die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van werke en vervoer, Joyce Mukubi gesê die land is daarop ingestel om teen 2025 ‘n internasionale logistieke spilpunt vir die SAOG-streek te word. Sy sê daar word beplan om Namibië se aandeel in die transito-verkeer na die buurlande van die huidige 12 persent tot 20 persent in 2026 te verhoog. Die Namibiese voorsitter van die instituut, Prisca Mayumbelo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…