Optog in hoofstraat vandag, Amushelelo draai visier op AmupandaMarch 1, 2023
Daar sal na verwagting ‘n protesoptog vandag in Onafhanklikheidslaan plaasvind. Die optog is beplan vanaf sewe-uur tot vyf-uur. Aktivis Michael Amushelelo en die ongeveer 500 kontrakwerkers van Stad Windhoek hou die protes. Die werkers soek vaste kontrakte. Intussen wil dit voorkom asof Amushelelo sy visier op Job Amupanda gedraai het. Hy het Amupanda direk aangevat op sosiale media en sê hy wat aktivis is, is by Stad Windhoek en het reeds in 2019 met die werkers vergader oor vaste kontrakte. Hy sê Amupanda maak beloftes maar is nou stil oor die aangeleentheid. Hy voeg by dat Amupanda seker besig is met sy doktoraat oor die pad vorentoe. Hy het ook gesê hy sal die werkers op Rundu bystaan.