Sokker: Banyana Banyana speel in Turkse Vrouebeker
Sokker: Die Suid-Afrikaanse vrouespan, Banyana Banyana, sê hulle is slaggereed om vanmiddag Uzbekistan in Turkye te pak. Hulle neem aan die Turkse Vrouebeker deel. Die toernooi vind in die stad Alanya plaas, wat nie so erg deur verlede week se aardbewing geraak is nie. Die gasheer, Turkye, sou een van Banyana se teenstanders wees, maar neem nie aan die toernooi deel nie. Afgesien van Uzbekistan, is Suid-Afrika in Groep A saam met Zambië en Slowenië.