Werksoekers staan in ry vir Keetmanshoop se weegbrug-projek

Honderde werksoekers het vandag na die Keetmanshoop stedelike kiesafdelingskantoor gestroom in die hoop om ‘n pos by die Paaie-owerheid se weegbrug-konstruksieprojek van 28 miljoen Namibiese dollar te kry. Joseph Isaack, streeksraadslid van die kiesafdeling het verduidelik dat Nexus Building Contractors wat die tender gekry het, aangedui het dat hy slegs sowat 20 werkers in diens sal neem, aangesien subkontrakteurs-maatskappye hul eie werknemers sal hê.