Krieket: Aussies wil bordjies verhang teen Indië
Krieket: Australië wil die bordjies verhang in die tweede toets teen Indië wat Vrydag in Delhi begin. Die besoekers is in die eerste toets in Nagpur binne drie dae met ‘n beurt en 132 lopies verslaan. Nie een van die Australiese kolwers het ‘n vyftigtal behaal in die wedstryd nie, en die besoekers is in hulle tweede beurt vir 91 uitgeboul toe hulle al tien paaltjies in ‘n enkele skof verloor het. Indië se kaptein, Rohit Sharma, sê egter hulle gaan nie die besoekers onderskat nie.