Berig oor hospitaal-gloeilampe is snert, sê minister
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê dit is snert dat die Omuthiya-hospitaal se personeel met selfoonligte moet werk omdat gloeilampe geblaas het en as gevolg van die feit dat die hospitaal deur Chinese gebou is, kan die lampe alleenlik uit China bekom word. Shangula sê gloeilampe het op die gronde, nie in die hospitaal nie, geblaas, en die normale vervangingsprosedures is in plek. Hy herhaal dat al die ligte in die hospitaal werk.