Wes-Kaap loods veldtog teen geslagsgeweldFebruary 7, 2023
Geslagsgeweld is oral ‘n uitdaging. Die Wes-Kaapse regering het ‘n mediaveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om aandag te skenk aan die kernoorsake van geslagsgeweld in Suid-Afrika. Die veldtog sal op verskeie platforms uitgesaai word en moedig mans aan om hulp te soek en die siklus van mishandeling te beëindig. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied programme aan wat op mans gerig is, oor hul rolle en verantwoordelikhede in die huis en oor hoe om positiewe gedrag in gesinne te bevorder. Die premier, Alan Winde, sê die doel is om veerkragtige en gesonde gesinne te skep vir ‘n bestendige en veilige samelewing: