VF Plus: Landbouminister moet ingryp by beurtkrag-krisis
Die Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gedoen om dringend in te gryp met die beurtkrag-krisis. Die party het baie klagtes, stemnotas en video’s vanaf boere ontvang wat oorwegend afhanklik is van elektrisiteit op hul plase. Braaikuikens vrek weens die hitte, en vrugte vrot in pakhuise omdat die koelkamers nie werk nie. Die party-lid, Tammy Breedt, sê Didiza moet die departement se mandaat nakom en die belange van boere voorop stel.