Swakara toon stadige tekens van herlewingJune 22, 2022
Die stand van sake begin effe beter word vir die karakoel-bedryf in Namibië. Produsente was genoodsaak om oor te skakel na vleisproduksie tydens die streng internasionale inperkings maar, die volgende veiling is vandag of môre, soos Louisa Campbell van Lovedale Swakara verduidelik.
Sy voeg by die oorlog in Oos-Europa het ‘n impak op verkope omdat 50 persent van die pelse normaalweg deur die Russiese mark aangekoop word.