Kommissie ondersoek rassisme by Maties

Die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika, Sisi Khampepe, is aangestel om ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek na bewerings van rassisme by die Universiteit van Stellenbosch te lei. Die universiteit is in die kollig na ‘n video verlede maand op sosiale media versprei is van ‘n wit student wat op die besittings van ‘n swart student ge-urineer het. Khampepe sê sittings gaan in die middel van Junie begin en sal agter geslote deure gehou word om deelname aan te moedig: