Duitsland berei voor op 5de vlaagDecember 18, 2021

Duitsland se minister van Gesondheid, Karl Lauterbach, het die land gewaarsku om reg te maak vir ‘n massiewe vyfde vlaag weens die nuwe Omikron-variant. Hy sê al mag die virus minder ernstig as ander variante wees, kan sterftes vir twee of drie weke laag wees voordat die toename die voordeel uitwis. Duitsland het weer beperkings ingestel. Onder meer mag mense wat nie ingeënt is nie, geen restaurante of nie-noodsaaklike besighede besoek nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *