Nam se ondersteuning aan SME’s moet anders lykDecember 17, 2021
‘n Kenner in plaaslike SME-kringe het gereageer op die Chinese regering wat nuwe webtuistes van stapel gestuur het in ‘n poging om die land se miljoene mikro- en klein ondernemings te ondersteun. Volgens die jongste data het China 150 miljoen ondernemings waarvan 102 miljoen deur individue besit word en 43 miljoen hiervan is mikro- of klein ondernemings. Die webtuistes bied geïntegreerde registrasie dienste terwyl ander weer toegang tot die regering bied en ander verskaf inligting, veral nou met die pandemie. Die regering sê hy ondersoek ook beter beleid om die besighede te ondersteun en hulle toe te laat om te ontwikkel. Danny Meyer van SMEs Compete gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.